Pietman Geldenhuys Bio

Pietman Geldenhuys is gebore in Prince Alfred’s Hamlet in die Boland. Van kleins af stel hy belang in musiek en vermaak. Hy het op 6-jarige ouderdom vir die eerste keer as solis in die kerk gesing. Na hy sy Hoërskool opleiding voltooi het aan Boland Landbou, het hy Engeland gaan verken vir bykans 3 en ‘n half jaar. Daar het hy onder andere as trekkerdrywer, verkoopsman, kelner, en straatmusikant sy brood verdien. Nadat hy op juis so straathoek raakgesien is deur ‘n plaaslike musikant, wat hom toe genooi het om saam met hom op te tree, het hy begin floreer as musikant in sy eie reg. Hy het vir byna ‘n jaar en ‘n half voltyds in kroeë, restaurante en al wat watergat is
opgetree regoor Engeland.

Toe sy visum uiteindelik verval en hy moes terugkeer huistoe, het hy sy passie verder kom uitleef deur aan City Varsity te studeer as omroeper en akteur vir beide televisie en die verhoog. Tussendeur sy opleiding het hy aanhou musiek maak by verskeie geleenthede en funksies. Hy ontwikkel sy alter ego, die Skotsman as deel van sy
repertoire. By een só funksie word hy raakgesien deur die rocker Valiant Swart wat hom toe saamnooi om met sy groep te toer. In hierdie tyd ontmoet hy vir Ollie Viljoen saam met wie hy vir etlike jare daarna sou optree in sy verskeie gedaantes onder andere as Skotsman, musikant en storieverteller.

Hy skryf liedjies vir onder andere Bok van Blerk, Ricus Nel, Hugo, Andries Vermeulen en Wicus van der Merwe. Hy hou graag sy lyf akteur in enige iets van films, soos “Die rebellie van Lafras Verwey” en tot verhoogstukke soos “Renier Grootlieg De Winnar” saam met Chris van Niekerk.

Pietman was deur die jare nouliks betrokke by verskeie produksies wat wissel van optredes by ‘Afrikaans is Groot’ tot “Oppiekopp”’, “Noot vir Noot” tot “Musiek Roulette”. Hy is ook dikwels te sien in die produksie “Die Boer en Skot”’ saam met Bok van Blerk en Ricus Nel.

Meer onlangs het Pietman en Andries Vermeulen saam met André Calitz van Blixem Productions gespan vir die maak van die TV reeks ”Oppiestoep” waarvan hy een van die aanbieders is. Hy het groot aanhang verwerf met die skotse lied “Flower of Scotland” op die televisie program “Toks ‘n Tjops” en die lied is ook opgeneem op sy album ‘Hamlet by Night’. Sy album ‘YOU AND I’ asook die storiealbum “Die ding van ‘n storie” is in 2017 vrygestel.
In November 2018, na twee suksesvolle Engelse albums het Pietman sy eerste Afrikaanse album “Van die os op die jas” bekend stel. Pietman het al 12 die liedjies op die album self geskryf en het dit saam met die musikante Mauritz Lotz, Schalk Joubert, Kevin Gibson en Melissa van der Spuy, by Sunset Recording Studios in Stellenbosch opgeneem. Met die album wys hy dat hy ligsinnig, ernstig, romanties en sosiaal met verskillende temas kan omgaan. “Van die os op die jas” is saam met die ander twee albums in Musicas landwyd, op sy webtuiste (www.pietman.tv), Itunes & alle ander digitale platforms beskikbaar.

In 2019 wen Pietman Geldenhuys ‘n Ghoema Musiektoekenning vir Beste Liedjieskrywer.

10 Year Highlight:

  • I am the co-presenter for Oppiestoep, a TV series on Kyknet.
  •  I was the first South African comedian to perform in the Hammersmith Apollo in London.
  • I have been the Master Of Ceremonies at various festivals, (Including the world renowned STRAB, UP THE CREEK and OPPIKOPPI) auctions, weddings, divorces and music festivals, etc
  • I sang the anthem for the Steinhoff Varsity Cup at Stellenbosch 3 times, two of which were broadcasted live on Super Sport.
  • I have performed at Afrikaans is Groot Concert 2012-2014 in front of 280000 people.
  • I wrote songs that were recorded by artist like Bok van Blerk, Andries Vermeulen, Hugo, etc.
  • I performed on Noot vir Noot in 2015 and Musiek Roulette in 2016 & 2019.
  • I was part of the cast in the KANNA winning production at KKNK 2015 “Al lê die berge nog so blou”.
  • I am an actor in the theatre production “Renier de Winnaar” alongside Chris van Niekerk.
  • I acted in “Die rebellie van Lafras Verwey” that will be released in 2016.
  • I am a regular guest on Radio Sonder Grense with improvised observational skits.
  • I was a driver in the Pioneer Rally, Worcester.
  • Performances on the MSC Melody alongside Steve Hofmeyr, Lianie May and Bok van Blerk as well as the RSG Oppiwater Fees.
  • I was invited by Jake White (Springbok Rugby Coach at the time) to come and perform for him and his squad in Bloemfontein.
  • I have done studio work for Koos Kombuis, Valiant Swart, Schalk Joubert, Gert Vlok Nel, Ollie Viljoen and several others.
  • Die Boer en die Skot theatre production written and directed by Bok Van Blerk and myself.
  • I have performed for SASOL at Tri-Nation matches across South Africa.
  • I have performed at various corporate functions with comedy and musical content (ABSA, FNB, NEXUS, etc).
  • I have toured countrywide as Guitarist, percussionist and vocalist for The Valiant Swart Band and The Mystic Boere Orkes.
  • Variety Show written and directed by myself at Dorpstreet Theatre Stellenbosch,Kunskaffee and surrounding Theatres.
  • Guitarist and backing vocals for Bok van Blerk, Valiant Swart, Gert Vlok Nel, Koos Kombuis, etc.
  • I have performed as a story teller with the likes of P G du Plessis, Ollie Viljoen, Nico Nel, Arno van Zyl, Zac du Plessis, Andries Vermeulen, Alan Hughes
  • Sang the anthem at the Varsity Cup Top 10 Finalist for Huisgenoot Liedjieskryfkompetisie 2009 en 2012
  • I have acted in many student films and plays
  • I acted in the TV commerical for Kalahari.net
  • Presenter for Oppikoppi
  • Episodes for Pitstop (SABC 2)
  • Guest on ROER (Kyknet)
  • I worked alongside Schalk Joubert to compose and perform 2 songs for the International Dutch film Black Butterflies, which has been released in 52 countries already.
  • Mystic Trio (Met Permissie)
  • Fellow presenter Bok vir Sports (Kyknet)
  • Guest on Jou Show Met Emo (Kyknet)
  • Regular guest on Toks en Tjops (Kyknet) where I have performed Flower of Scotland
  • Morning live, playing with Adriaan Brand
  • Comical inserts for RSG’s Monitor and Spektrum
  • In November 2018, I released my much anticipated Afrikaans Album “Van die os op die jas”
  • In 2019 I won a Ghoema music award for best song writer

Around the Scotsman

Peter Mitchell (aka Pietman die Skot) klim in sy Skotse persona asook sy Skotse “kilt” en neem die gehoor saam met hom op sy reis vanaf Skotland, deur verskeie lande, tot waar hy hom tans in Suid-Afrika bevind. Hy beeld sy reis uit met die kombinasie van musiek en komiese verhale. Die musiek sluit in sy eie komposisies, bekende en geliefde Skotse liede soos “Flower of Scotland” en “Loch Lomond” asook verwerkte liedjies soos “Loslappie” en “Ou Ryperd”, gesing uit die mond van ‘n Skot.

Hy verras die gehoor ook met skreeusnaakse stories (uit volksbesit en eie ervarings), improvisasie van bekende Suid-Afrikaanse karakters (Tolla van der Merwe, Nico Nel, Arno van Zyl, ens) (soos gesien op Kyknet se Oppiestoep) en ook liedjies wat hy op die ingewing van die oomblik net daar voor die gehoor se oë komponeer en toonset, met gebruik van die gehoor se voorstelle en woorde. ‘n Tipe ode aan die gehoor.

Die manier waarop Pietman op sy voete dink en die gehoor oorrompel met sy spitsvondighede maak hom eie in sy soort. Hy het dit reggekry om die perfekte balans te vind tussen ligte humor, skaterlag vermaak, geliefde liedjies en die erns in sy eie musiek.

My Show

I am available to perform at many different events, such as a corporate functions, fundraisers and festivals.
My show consists of English and Afrikaans comedy and music.

Let me know who your audience is, your preference in terms of language and songs vs stories and I will perform a show to suit your event.

Kontact: pietman@spottedapple.co.za

ON LINE LINKS