Nadat Demi Lee Moore as wenner van die eerste Die Kontrak-televisieprogram aangewys is, was haar paadjie in die Afrikaanse musiekbedryf geplavei na sukses soos sy hoogtes behaal het.

Haar eerste album, Mis Eet Slaap Herhaal, het skaars die rakke getref toe dit binne tien dae goue status behaal het met winkels wat ook nie kon voor bly soos voorraad van hul rakke afgevlieg het nie.

Haar nuutste treffer, Maak My Jou Tequila, is einde 2020 vrygestel en het posisie op trefferparades regoor die land ingeneem.

Demi Lee het kykers van Die Kontrak se aandag vinnig getrek en groot opslae gemaak met haar en Monique Steyn se vertolking van die gewilde vertolking van die Amerikaans countrysangeres, Cam, se treffer Diane. Hulle het selfs Cam se aandag getrek en dié ster het hulle op sosiale media gekomplimenteer met hul weergawe.

Daarna het Demi Lee aanhangers verder bederf met haar sielvolle vertolking van Amanda saam met Steve Hofmeyr.

Daarna het Demi Lee nog verdere bekoor met haar engelstem toe sy nóg dieper in musiekliefhebbers se harte kruip met haar album, Country. Met dié album het sy aanhangers noot na noot bevredig soos sy ou goue treffers met haar eie unieke aanslag vertolk het.

’n Splinternuwe duet saam met Steve Hofmeyr, When You Say Nothing At All, is ook ingesluit op dié album en weereens het dié twee vir musikale kuns gesorg.

Een van haar hoogtepunte is ook die insluiting van haar en haar mentor, Arnold Coleske, direkteur van Coleske Artists en voormalige lid van die SAMA-bekroonde duetpaar, Coleske se duet, If I Needed You.

Daarna het Demi Lee en kollega, Bobby van Jaarsveld – wat ook onder die Coleske-vaandel is – teen die einde van 2019 hul duet, Ek Weet Al Lankal, vrygestel. Dié liedjie is besonders goed ontvang deur altwee dié kunstenaars se aanhangers. Johan Oberholzer, wat die liedjie geskryf het, het ook vertel dat hy juis dié liedjie spesiaal vir Bobby en Demi geskryf het.

Demi Lee straal as sy haar hoogtepunte uitwys – van die oomblik dat sy as wenner van Die Kontrak aangewys is, dat haar eerste album binne tien dae goue status bereik het, om deel van die Classics-produksie te kan wees en dat sy landswyd kan toer met haar musiek.

Volgens haar is een van die grootste voorregte ook om met tye ’n verhoog saam met die groot liefde in haar lewe, Barthlo te kan deel en dat sy Arnold Coleske haar mentor kan noem.

Hoogtepunte:

  • Om Die Kontrak te wen
  • Dat haar eerste album, Mis Eet Slaap Herhaal, binne 10 dae goue status bereik het
  • Om die verhoog te kan deel met die liefde van haar lewe, Barthlo
  • Om deel te kan wees van Afrikaans Is Groot
  • Om by Classics op te tree
  • Duette saam met Steve Hofmeyr – Amanda en I Will Always Love You
  • Om Pretoria toe te kon trek en haar eie ateljee in haar huis te hê
  • Om regoor die land te kan toer met musiek
  • Direkte kontak met Arnold Coleske en hom as mentor te hê
  • Om met 5 Ghoema-toekennings by die Ghoemas in 2019 weg te stap