Message from the CEO of the Royal Agricultural Society:
June 8, 2015
SHORTSTRAW to Perfom in #RoyalRock 2016
January 22, 2016

Broers is bekend vir hul harmonieuse sang en ritmiese musiek. Deur die jare het hulle vele treffers gehad en is vandag nog aktueel en gewild by feeste, konserte en menig lekker partytjie geleendhede

21 Jaar gelede het die broer duo, “Christo en Cobus” hul debuut album, “Drome van Gister”, vrygestel. In dieselfde jaar het wyle Bles Bridges hulle gevra om sy voorprogram op ‘n permanente basis te hanteer. Dit het hulle vir twee jaar volgehou, en daarna op hul eie begin optree. Treffers soos, “Daar sal nuwe winde waai; Trein na Margate asook 7×70” het gevolg en het heerlik in die volksmond gesit.

Terwyl sy ouer broers die land plat getoer het, het Nic Stevens ( Stephan Snyman ) jongste van die Broers, planne van sy eie gehad. Terwyl hy besig was met sy studies, het hy in restaurante en kroeë begin optree. Dit was nie baie lank nie, of hy het vir hom ‘n stewige gevolg van aanhangers opgebou. Sy eerste groot treffer was “Jonk Bly”, en daarna sou vele meer uit sy pen verskyn. Hy het nie net as sanger nie maar ook as liedjie skrywer groot respek begin afdwing.

In die jaar 2000 het die Broers hul eie klank ateljee opgerig en begin om hul eie produksies te vervaardig. Dit was nie lank nie voor ander platemaatskappye hul genader het om ander kunstenaars se opnames te hanteer. Dit het gelei na ‘n besluit om hul eie platemaatskappy te stig.

Snyman Musiek produksies ( SMP ) is in dieselfde jaar gestig en is vandag nog operasioneel met kunstenaars soos “Karen Ferreira; Burger le Roux; Viljoen Retief sowel as Jovan en Thelma” op hul boeke. Die werkslading het egter te veel vir een ateljee geraak, en ‘n tweede een is opgerig. Cobus en Nic het albei B.mus studeer, en met Christo wat bemarking aan die Kaapse Technikon studeer het, was die kombinasie perfek. Nic en Cobus beman albei ‘n ateljee, terwyl Christo die kliente en aankopers bedien met SMP se produk.

Dit is egter eers in 2005 wat die groep “ Broers “ amptelik sy eerste album bekendgestel het.
Die kombinasie van stemme het oombliklik saamgesmelt as een, en het ‘n uniekheid aan hul musiek verskaf. “ Huistoe” was ‘n groot treffer en hierna het vele gevolg.

Die entiteite, “Christo & Cobus” asook, “Nic Stevens” bestaan nog steeds en hulle tree ook nog baie afsonderlik op. Broers het egter die hoofhandelsmerk geraak.

Broers se splinternuwe album, “ Voetspore 2 “ is sopas vrygestel.

‘n Hoogtepunt in hul loopbaan is beslis die uitnodiging wat hulle van die Staatspresident, Pres Jacob Zuma, ontvang het, om op te tree by ‘n geleendheid van hooggeplaaste afgevaardigdes en buitelandse besoekers. Die gehoor het die optrede so geniet, dat hulle spontaan begin hande klap het, en het die Broers ook beloon met ‘n staande applous. Pres Zuma het die Broers na hierdie optrede na nog een van sy funksies genooi vir ‘n optrede.

Broers het ook op 3 geleendhede die Suid Afrikaanse volkslied tydens die drienasie rugbytoetsreeks gesing. Nog ‘n hoogtepunt was die sing van die volkslied tydens die rugbyreeks tussen die Springbokke en die Britse Leeus, wat hulle in ‘n projek saam met die bekende “Bala Broers” uitgevoer het.

Leave a Reply